STIGTING VAN BETHLEHEM TAK OPEDAG 19 NOVEMBER 2016

Die SA Sport en Jag Federasie, Vrystaattak, nooi alle belangstellendes om die Opedag en klubstigting by te woon. Die Miller-skietbaan gaan opgestel word volgens die tabelle van die Federasie. Vuurwapeneienaars moet hulle eie wapens en ammunisie  saambring. Die baan gaan opgestel word vir Veergeweer (Windbukse) op 15m, Klein kaliber geweer (.22) op 25m, Handwapens (25m en 15m), Groot kaliber jaggewere (25-200m) en gonge vir lang afstand skiet. Oog- en oorbeskerming is verpligtend. Die dag is oop vir skuts van alle ouderdomme. Die hele gesin is welkom!

Datum: Saterdag 19 November 2016

Tyd: 09:00

Plek: Miller Skietbaan, Plaas Rietpoort, 9km buite Bethlehem op die Wardenpad. S28˚10’ 20.3” E 28˚ 22’ 11”

Koste: Toegang is gratis. Baanfooi van R50 per volwassene is betaalbaar. Kinders 18 jaar en jonger skiet gratis

Registrasie: Belangstellendes moet asb. betyds bespreek by Wildman Hunting & Outdoor in Bethlehem. (Mnr Callie Bonthuys: 058 303 0510)

Verversings: Koeldrank, `n braaipak met broodjie sal verskaf word, indien u vooraf bespreek het

Pryse: Geluktrekkings ter waarde van R3 000 kan gewen word. Geborg deur Wildman Hunting & Outdoor, Legally Armed en Bloem Marble & Granite

Navrae: AJ Kruger (082 560 0190) of Johan Martin (083 391 8180)

Na ‘n besoek aan die skietbaan in Bethlehem saam met Callie Bothuys van Wildman in Bethlehem het die gedagte ontstaan om ‘n skietdag daar te hou namens die SA Sport & Jag Federasie.  Johan Martin, wat lid is van SA Sport & Jag, het dadelik die wiel aan die rol gesit om  die bestuurslede van Bloemfontein tak, waar hy ondervoorsitter is, te mobiliseer.

Die idee het toe ook ontstaan om ‘n tak in die Oos Vrystaat te stig aangesien daar klaar ‘n baie lekker skietbaan is en daar nie baie skietbane in SA. is waar jy tot op ‘n 1000m kan skiet nie. Die baan se fasiliteite is goed en daar is self ‘n lokaal met braai fasiliteite. Vir almal daar buite wat die natuur geniet is die baan ook idiaal aangesien dit in ‘n wildskamp is en met die inry kan jy sommer ook mooi wild besigtig.

Ons wil almal uitnooi om die dag te kom ondersteun al is jy reeds lid van ‘n jagters vereniging, kan SA. Sport & Jag jou steeds akkomodeer as geaffiliëerde lid om jou profiel op te bou. Kom skiet saam en geniet die dag saam met ons. Die Vereniging is gesins-vriendelik. Julle kan gerus verder loer by http://sasportjag.com/sashf/

Pin It on Pinterest

Shares
Share This