Ons ontvang daagliks oproepe van mense wat vergeet het om betyds die hernuwing van hulle vuurwapen lisensies te doen. Daar is tans hofaansoeke teen die SAPD wat op 25ste en 26ste April 2017 voor die hof gebring word. Deel van die aansoeke is, onder andere, moontlike amnestie vir laat aansoekers.

U kan gerus ‘n e-pos stuur aan johanmartin@legallyarmed.co.za met die opskrif  “Laat hernuwings” en ons sal jou op hoogte hou van enige verwikkelinge rondom die aangeleentheid. Gaan besoek ook ons webblad by www.legallyarmed.co.za  en gaan registerer al jou vuurwapen lisensies se verval datums. Jy ontvang dan ‘n e-pos op 150 dae- en ‘n sms op 120 dae voor die verval datum daarvan om jou te herinner om jou hernuwingsaansoek betyds te doen.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This