Na vele gesprekke met verskillende mense het ek baie uiteenlopenede antwoorde gekry. Veral die vroulike geslag het nog die idee dat dit ‘n mans sport is omdat mans elke jaar jag. Daar is egter ook van die vrouens wat reeds saam met hulle mans aan skiet aktiwiteite deelneem en die sport groei geweldig onder vroue.

Met die huidige misdaad syfer in Suid Afrika begin al hoe meer vrouens daarna kyk om vir hulle self ‘n vuurwapen aan te skaf. My persoonlike gevoel is dat so ‘n vrou gereeld met die wapen moet skiet om vertroud te raak met die werking en om akkuraat te kan skiet. Hiervoor is daar baie klubs daar buite waarby hulle kan aansluit, van gewone jagtersverenigings tot klubs wat spesifiek net in handwapen aktiwiteite spesialiseer.

Die gevolg is egter dat na so ‘n skietsessie saam met haar man by die klub, die vrou gewoonlik elke keer wil saam gaan. Baie van die vroue geniet die sport dan so dat hulle sommer ook ‘n jag geweer wil hê.

Om te skiet is duur en toerusting is duur en dit skrik baie keer mans en vrouens af om betrokke te raak by die sport. Wat baie mense daar buite egter nie weet nie is dat ‘n getroude man en vrou gesamentlik ‘n vuurwapen kan besit, m.a.w daar word ‘n addisionele lisenise uitgereik op die huidige lisensie van bv. die man se handwapen of geweer. Die vrou is dan ook ‘n wettige lisensie houer en kan met die wapen handel soos enige normale lisensie houer.

Vir enige verdere navrae kontak gerus vir Bernu by 082 574 2142 of stuur ‘n e-mail na bernu@legallyarmed.co.za .

Pin It on Pinterest

Shares
Share This