Ons is so bly om aan te kondig dat ons hierdie jaar ons eie stalletjie by Huntex in Midrand (Gallagher Estate)  gaan hê. Dit is ‘n droom wat waar geword het vandat ons die eerste keer saam met Hinterland daar was 2 jaar terug. Ons gaan in saal 5 by stalletjie 553A wees. As alles reg loop gaan ons op Huntex ‘n produk bekend stel wat ‘n eerste in die vuurwapen berdryf is. Hou dus die spasie dop en ons sien uit om julle almal daar te sien. Kom vra julle vrae of kom sê net hallo.

Legally Armed groete.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This