Hoekom is dit belangrik om van `n geloofwaardige instansie gebruik te maak wanneer jy hulp soek met jou vuurwapen lisensie aansoek. Why is it important to make use of a credible business when you apply for a firearm licence.

Voornemende vuurwapen lisensie aansoekers word  deesdae gebombardeer deur persone en instansies wat hulp aanbied met die aansoek proses om ‘n  vuurwapen lisensie te bekom. Die algemene vraag  is gewoonlik  wat is die koste verbonde aan dit, eerder as om te vra wat behels die diens en watter nasorg gebied word aan die aansoeker?

Dit is algemeen in Suid-Afrika  bekend dat daar in Desember 2016 ‘n nuwe Registrateur by die Sentrale Vuurwapen Register aangestel is. Die aanstelling en ‘n gepaardgaande herstrukturering by die Sentrale Vuurwapen Register het sedert Januarie 2017 ‘n ongekende aantal weierings van nuwe lisensie aansoeke tot gevolg.

Legally Armed, wat reeds sedert 2004 aansoekers bystaan met hulle vuurwapen lisensie aansoeke, is bewus daarvan dat die weiering van lisensies sedert die instelling van die Wet op Bheer van Vuurwapens, 2000 (Wet 60 in 2000) niks nuuts is nie, maar die omvang van die weierings sedert Januarie 2017 is egter ongekend en vir ons kommerwekkend. Ons is daarom ook hieroor in gesprek met die SAPD.

Legally Armed kantore word daagliks oorval deur aansoekers wie gehelp is deur ander individue of instansies en wie se aansoeke geweier is. Alhoewel daar reeds fooie betaal is deur die aansoeker aan die “kundige” wat gehelp het met die aansoek, word in die meeste gevalle geen verdere hulp/diens aangebied vir die aansoek wat geweier is nie. Die aansoeker is dan genoodsaak om weer te betaal om die appèl gedoen te kry of om ‘n nuwe aansoek saam te stel.

Legally Armed poog reeds vir die afgelope 13 jaar om ‘n aansoek van die begin af so voor te berei dat ons sekerheid het dat die Appèlraad, op dieselfde motivering en stawende dokumente, die appèl sal handhaaf. Ons is dan ook reeds vir 13 jaar suksesvol met die aanslag.

Legally Armed wil graag weereens ons verbintenis aan ons kliënte bevestig dat ons vuurwapen lisensie aansoeke gewaarborg is en dat die proses (appèl of nuwe lisensie aansoek) wat nodig mag wees na die weiering van ‘n lisensie, sonder enige verder kostes vir ons bestaande kliënte sal wees.

Ons help ook graag aansoekers wat tans sukkel met geweierde aansoeke of wat nuwe aansoeke wil doen.

Sou daar enige navrae wees kontak ons gerus by infohq@legallyarmed.co.za of skakel Bernu vd Heever by 082 574 2142.

These days there are a lot of so called experts and businesses that assist people with their firearm application proses. The first question by such applicant is what are the costs, where the question actually should be what service the person or service provider provide afterwards. Especially what would happen if the application is refused?

There is a tendency these days by CFR to refuse applications. We at Legally Armed guarantee our applications where we do the appeal for free should the application be refused. If you did not make use of our services you will pay the full fee for an appeal application.

No service provider can promote the fact that they don’t get refusals and we at Legally Armed are also not spared. We do however have done several appeals since January 2017 which all have been approved already. Because we do the orignal application correct from the start, we know the appeal would be successful and we done more than our part with appeal applications in the last 13 years within our group.

For any enquiries please mail us at infohq@legallyarmed.co.za or phone Bernu vd Heever at 082 574 2142.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This