fbpx

GELEENTHEID VIR ALLE VUURWAPEN EIENAARS HETSY LEDE BY ANDER ASSOSIASIE OF GEEN LIDMAATSKAP. INSKRYWING IS R100 WILDMAN WAARBORG JOU GELD TERUG INDIEN DIT NIE ‘N AANGENAME ERVARING IS NIE

KOM ONS ONDERSTEUN ALLE VUURWAPEN INISIATIEWE OM ONS WAPENS TE BEHOU EN TE GENIET.

SKAKEL CALLIE VIR ENIGE NAVRAE : 082 906 2692

DATUM: 17 November 2018

INSKRYWING: R 100

REGISTRASIE: Vanaf 7:30am

OPENING: 8:30am

Ons skiet weer die Rooijakkals tabel: 

  • Afstand – 300m
  • Posisie – Lê met vrye ondersteuning
  • Kaliber – Enige Senterslag kaliber
  • Oefening – 5 Skote in 5 Minute

Dan gaan ons ook Jag Handwapen skiet

  • Teiken – Blouwildebees
  • Afstand – 25m, 50m
  • Kaliber – .Die minimum kaliber vir rewolwers is .357 Magnum. Vir ander tipe jaghandwapens (Thompson Contender, Remington XP100 ens.) is die minimum kaliber 6mm (.243). Manne met 9mm is welkom maar dit gaan ongelukkig net nie tel nie.
  • Oefening – Tydsbeperking: 3 minute per afstand. 
  1. Vyf skote word vanaf 50 m vanuit die sitposisie met beperkte ondersteuning geskiet  
  2. Vyf skote word vanaf 25 m vanuit die vryhand staanposisie geskiet

Vir ons Junior gaan daar PCP Windbukse wees om mee te skiet. Die oefening sal geskiet word op 15m. Ons het baie oulike teikens vir die kleintjies om hulle verbeelding bietjie te prikkel. Asseblief bring julle kinders saam, hulle sal dit verseker geniet.

Daar sal weer braaipakkies beskikbaar wees na afloop van die skiet. Ons verwag n baie lekker dag, so moenie dit misloop nie. 

Sien julle daar!

– Inhoud verskf deur Kobus Maree (Voorsitter)

NS: Vir navrae kontak Brent Collie (Skietkoördineerder) – 082 850 0163

Pin It on Pinterest

Shares
Share This