fbpx

Vuurwapens: Nuwe amnestie-tyd voorlopig goedgekeur deur Llewellyn Prince (Media24)

Die versoek vir ’n nuwe tydperk vir vuurwapen-amnestie is voorlopig goedgekeur vir die tydperk van 1 Augustus vanjaar tot 31 Januarie 2021.

Tina Joemat-Pettersson, voorsitter van die portefeuljekomitee oor die polisie, het gister gesê dat dié komitee besluit het om die polisie se versoek hiervoor goed te keur.

“Die komitee sal aan die nasionale vergadering aanbeveel dat die voorgestelde vuurwapen-amnestie vir 2020 aanvaar word.”
Dit kom nadat Bheki Cele, minister van polisie, en genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, verlede week die portefeuljekomitee vir die nuwe amnestietydperk gevra het omdat die staat van inperking daartoe gelei het dat die polisie nie die gewenste uitslag kon kry met die vorige tydperk wat op 31 Mei geëindig het nie.

Volgens Joemat-Pettersson is die vorige vuurwapen-amnestie op 21 November 2019 vir die tydperk van 1 Desember 2019 tot 31 Mei 2020 goedgekeur.

“Die komitee het daarvan kennis geneem dat 27 336 vuurwapens en 212 476 rondes ammunisie vrywillig in hierdie tydperk ingedien is, asook 798 vuurwapen-onderdele.

Joemat-Pettersson sê die komitee weet sommige mense kon weens die inperking nie hul vuurwapens by polisiekantore in die laaste maand van amnestie ingedien het nie. Derhalwe is die nuwe tydperk goedgekeur.

Die komitee weet ook dat 10 740 aansoeke vir vuurwapenlisensies deur die polisie gekry is. Daarvan is 147 afgehandel.

Special thanks to our source - Legally Armed HQ

From  Legally Armed for this story.

Bernu van den Heever

Legally Armed Head Office

Do you wish to publish your related article about our industry? Please Contact us today.

Legally Armed Head Office

Firearm motivations, renewals and applications

Are you a sport shooter, hunter, game farm owner, professional hunter, owner of a security company, private firearm owner or an attorney? Save this number as you will require our services in the near future.

 

HQ web articles Contact Form

Pin It on Pinterest

Shares
Share This